| |
Celebrate Recovery
Celebrate het sy oorsprong by die Saddleback kerk van dr. Rick Warren (bekende
skrywer van die boek, Doelgerigte lewe) in Amerika. Pastoor Freddie Steenkamp het die
program besoek in Amerika en in 2005 is begin om 'n CR-span hier by ons in die kerk op
te lei.
In Maart 2006 het die eerste CR groep begin. As gevolg van sonde het ons almal seer in ons
lewens.
Ons het of onsself seergemaak, of ander om ons seergemaak of ander het ons
seergemaak.
Dit beteken dat elkeen van ons berou en genesing nodig het, sodat ons lewens
kan leef,
soos God bedoel het ons moet dit leef.
CR is 'n Bybelse, gebalanseerde genesingsprogram om mense te help om hulle seerkry,
slegte gewoontes en vooroordele (hurts, habits en hang-ups) te oorkom. Die genesings-
program is gebaseer op die werklike woorde van Jesus eerder as die sielkundige teorieë.
Dit is uniek en gedurende die laaste paar jaar het die Heilige Gees letterlik duisende mense
regoor die wêreld verander, emosioneel genees en gehelp tot volle geestelike volwassenheid.
In Jesus se bekende bergrede in Matt.5:1-12 word die 8 stappe van genesing in logiese
volgorde gevind. By ons weeklikse byeekomste word die beginsels in detail deurgewerk,
getuienisse word gebring en word die lede ondersteun deur in kleingroepies saam te gesels
oor hulle ervaringe en gevoelens. 'n Gesellige atmosfeer heers en daar word saam koffie
gedrink en gekuier. Telefoonnommers word uitgeruil met die doel dat die lede mekaar
ondersteun deur die week en veral as 'n persoon 'n krisis beleef.
Beraders is ingesluit in die CR-span wat individueel lede beraad in die week, sou dit nodig
wees. Lede se seerkry strek oor 'n groot spektrum van probleme: depressie, gesinsgeweld,
huweliksprobleme, drank-en dwelmverslawing, verwerping, seksuele molestasie en persone
wat geliefdes afgestaan het aan die dood.
CR is 'n "Groot Sambreel" program wat met onbeperkte aantal strydvrae kan deel. Die
program benadruk persoonlike verantwoordelikhede en help mense om hul eie verkeerde
keuse te erken en om verantwoordelike besluite te neem om hul omstandighede te
verander waar moontlik.
CR beklemtoon geestelike toewyding aan Jesus Christus en 'n totale oorgawe van hulle
lewens aan Christus. Laastens kweek CR bedienaars. Omdat CR bybels en kerk-gebaseer is,
lewer dit mense wat die bediening inbeweeg, nadat hulle genesing in Jesus Christus
ontdek het.
CR vergader elke Donderdag aand by die kerk om 19h00. Kontak kerkkantoor of vir
Thelma Kritzinger by 082 940 6940. (80% van die lede is van ander kerke of behoort
nie aan 'n kerk nie.)
Daar is met groot welslae CR groepe in Patensie Gevangenis gehou. Tans is daar groepe
wat in Humansdorp en Patensie bymekaar kom op 'n weeklikse basis.
|
 |
|
|