| |
Ithemba Family Support Centre
Ithemba Family Support Centre het ontstaan uit die nood vir opheffing van die
gemeenskap in Tokyo Sexwale en Oceanview , die veiligheid van die kinders, die VIGS
en MIV
pandemie,
armoede, ens. Daar is begin met die opheffing van die vrouens waar hulle
vaardighede soos krale werk, lapverf, brei en naaldwerk geleer word.
Daar is ook begin met die opleiding van Huisbestuurders (huishulpe). Huidige huishulpe en
werklose vrouens word opgelei in Huisbestuur (skoonmaak, kook, bak, veiligheid, etiket, was,
stryk, hantering van elektriese apparate, ens.) Na die opleiding ontvang hulle sertifikate en
word, indien moontlik, in ‘n werk geplaas.
Aan die begin van 2005 is begin met ‘n na-skool sorgsentrum. Huidiglik word tussen 100 en
120 kinders daagliks gevoed (dikwels die enigste kos vir die dag), waarna hulle gehelp word
met hulle tuiswerk. Na tuiswerk word ‘n lewensvaardigheidsprogram aangebied. Daar word
ook
dans, kuns, sport en rekenaar klasse aangebied.
Die doel met die na-skool sorgsentrum is om ‘n veilige plek daar te stel waar die kinders
versorg en lewensvaardighede geleer word. Ons droom is om ‘n speelpark vir die kinders langs
die kerk op te rig sodat hulle nie in die straat hoef te speel nie.
Aan die begin van 2007 is daar met ‘n crèche vir voorskoolse kinders, 3 tot 5 jaar, begin.
Tans is daar 57 kinders in die crèche met ‘n waglys.
Enige hulp - finansieël, tyd of gebed - sal waardeer word. |