| |
Love-a-Child (Nasorg)
Love-a-Child Nasorg het in 2005 sy ontstaan gehad toe dit deur die plaaslike Laerskool
onder die kerk se aandag gebring is dat daar behoeftige kinders was wat smiddae tuis
was sonder toesig en dikwels sonder kos.
Tans is dit ‘n volwaardige nasorg met 16 kinders. Ouers wat nie die nasorgfooie kan
bekostig nie, word gehelp.
Die fooie is tans R260 per maand. Die kinders word vanaf
die Pre-Primêr en Laerskool vervoer na die nasorgsentrum met die kerk se Quantum
bus. Hulle word voorsien van ‘n gesonde middagete, voordat hulle verklee en huiswerk
doen onder die bekwame toesig van Amanda Stassen en Sunette Jacobs. Die ouers kom
haal die kinders om 17h00.
Die visie van die nasorg is om die kinders na skool in ‘n ontspanne, kalm en Christelike
milieu te versorg. Spesiale aandag word gegee aan kinders met leerprobleme en daar word
nou saam met die onderwysers gewerk.
Vir verdere besonderhede kontak Thelma by 0829406940 of skakel die kerkkantoor
by 042-2932832. |