| |
Wees stil en weet dat ek God is.
Ons leef in uiters uitdagende tye. Elkeen van ons het
verskillende eise waaraan ons moet voldoen.
- Jy het gedink dat jou werk nooit in gedrang sal kom nie en nou word daar agter
toe deure samesprekings gehou
en jy weet dat dit jou toekoms gaan raak.
- Op jou huweliksdag het jy ‘n belofte gemaak dat jy nooit jou huwelikband sal
verbreek nie en nou sien jy die tekens van verbrokkeling in jou verhouding.
- Jou ‘soet’ laerskoolkind ontpop ewe skielik in ‘n vreemde wese en jy weet nie
waar kom hy/sy vandaan nie.
- Jy hoor dat jy, of iemand naby aan jou, ‘n terminale siekte het.
- Die stres eet jou op en jy weet nie hoe jy gaan ‘cope’ nie. Jy voel moedeloos,
desperaat, gefrustreerd. Jy voel alleen en asof niemand omgee nie.
Daar is egter ‘n antwoord – Die Bybel stel dit baie duidelik: Word stil en
weet dat Ek God is. Wanneer dinge vir jou te veel word en jy desperaat is
omdat jy voel dat jy totaal hulpeloos is, gee oor en vertrou op God. Jy het nodig
om Hom toe te laat om in jou omstandighede in te kom en dit vir jou moontlik te
maak om aan te gaan. Maak tyd om by God uit te kom! Jy is nie allleen nie!
|