....................... Home ...............................................| Vision ....| Ministries ....| News ....| Calendar ....| Sermons ....| Contact Us
Ndiswe
 


Ndiswe: Welsynsdepartement

Visie:
Die visie van Ndiswe is:

  1. Om ‘n wesenlike verskil te maak in die lewens van gemeentelede, asook ander
    lede van die gemeenskap, wat deur ‘n krisis gaan.
  2. As kerk moet gekyk word na kreatiewe en konstruktiewe maniere om die breë
    gemeenskap van Jeffreysbaai op sosio-maatskaplike gebied te versorg en saam
    met ander rolspellers, soos die plaaslike owerheid, staatsdepartemente, welsyns-
    organisasies en ander kerke, die probleme van die gemeenskap aan te spreek.

Missie:
1.) Areas waarop gefokus word deur maatskaplike dienste, asook berading:

barA
 
bar 2
 
  • Kinderversorging
  • Voorkoming van Kindermishandeling
  • Jeug
  • Huwelike en die Gesin
  • Beskerming van Vroue
  • HIV en Vigs
  • Bejaardes
  • Armoedes
  • Werkskepping
  • Geestesgesondheid
  • Christelike Berading
 
 
2.) Praktiese Hulpmiddels:
  • Die Kerk beskik oor ‘n goed toegeruste koskamer waaruit gemeentelede en ander
    behoeftigdes uit die gemeenskap gehelp kan word in tye van nood.
  • Daar is ook ‘n klerebank waaruit behoeftiges gehelp word. Slagoffers van brande,
    wat alles verloor het word ook dikwels gehelp.
  • Siekebesoek. Siek persone word tuis, in hospitale en in ouetehuise besoek op ‘n
    weeklikse basis.
  • Rouberading en sterwensbeleiding  word deur kundiges gedoen.
 
©Copyright 2009 All Rights Reserved - Designed by Ultimate Dzines | Updated by New innovations