| |
Selgroepe
Die selle speel `n geweldige belangrike rol in ons gemeente. 1 Petrus 4:10 sê:
“Namate
elkeen ’n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos
goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God”. Dit is `n belangrike waarde
van ons gemeente dat elke gelowige deur die genade van God `n gawe of gawes
ontvang het, en dat ons mekaar moet bedien.
Ongelukkig kan dit nie op `n Sondagoggend gebeur nie. Daar is te veel mense en te
veel bedieninge wat in die gemeente bestaan. Om hierdie rede word elkeen aangemoedig
om deel te word van `n selgroep.
Tydens die selbyeenkomste word daar saam gebid, saam gesels. Ons leer mekaar ken.
Ons gee vir mekaar geestelike ondersteuning. Ons deel mekaar se vreugdes en
hartseer. Dit is hoe God die gemeente bedoel het.
As jy nog nie by `n sel ingeskakel het nie, kontak die kerkkantoor gerus sodat ons `n sel
kan vind waar jy tuis sal voel.
|