....................... Home ...............................................| Vision ....| Ministries ....| News ....| Calendar ....| Sermons ....| Contact Us
Woordskool
 


Woordskool

Op Sondagaande om 18h30 kom ons bymekaar vir die Woordskool.
By die Woordskool maak ons erns met die Bybel.  Ons glo dat dit belangrik is om
die Bybel te bestudeer en om `n werkende kennis van die Skrif op te bou. 

2 Tim 3:16-17 druk die belangrike beginsel as volg uit:  “Die hele Skrif is deur God
ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing
in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk
volkome toegerus.” 
Dit is belangrik vir ons om te besef dat dit nie tydmors is om die
Bybel te bestudeer nie. Dit is inderdaad waar dat ons tyd moet spandeer aan
bedieningswerk en aan die uitleef van ons getuienis na `n wêreld wat God nodig het,
maar dit wat ons juis effektief maak in hierdie dinge is die Woord van God. 

By die Woordskool vra ons die moeilike vrae, bespreek ons die interessante kwessies,
kyk ons na die Griekse en Hebreeuse tekste en skuif ons die gordyn opsy om te kyk
na die kulturele en sosiale realiteite van die Ou en Nuwe Testamentiese tydperke.  

As jy belangstel om op `n Sondagaand vir `n uur lank in die Woord van God te delf,
kom woon gerus die Woordskool by.  Jy kan enige tyd inval

bar 1

bar 2
©Copyright 2009 All Rights Reserved - Designed by Ultimate Dzines | Updated by New innovations
<