Leer die Woord

Die Bybel is die middelpunt van alles!

Ons leer van kleins af die WOORD.
Uitreik

Ons reik uit na ander maats!

Ons bid vir ander mense
kleingroep pret

Leer saam met ons op n Sondag

Ons het baie pret terwyl ons leer
Gebed

Gebed is baie belangrik vir ons.

Ons leer om op verskillende maniere te bid
Print
PDF

Kinderkerk - KIX

Wie is ons?...

KIX (kinders in Christus) is ons kinderbediening vir kinders tussen die ouderdom van 4 en 13 wat bymekaar kom tydens die oggenddiens om8:30. Alle kinders is welkom!!!

Ons Visie


Om vir kinders ‘n voorbeeld te wees in liefde, woord en daad sodat hulle die geleentheid kan hê om God te ontdek, ‘n verhouding met Hom te hê en ‘n ligdraer vir ander te wees.

Wat doen ons by KIX?

By KIX word kinders op hulle vlak bedien. Dis vir ons belangrik om kinders van ‘n jong ouderdom af te bereik en vir hulle te help om ‘n liefde vir God te kweek. Ons gebruik verskillende maniere om die kinderkerk vir die kinders opwindend en pret te maak.

Praise & Worship

Dis energiek, ‘n goeie workout, en baie pret maar tog geesvervuld. Ons leer die kinders van jongs af om God met alles in hulle te loof en prys en dat mens dit selfs kan geniet terwyl jy dit doen

Die Bybel

Dis ons vertrekpunt op alles en die kinders kry die geleentheid om Bybelse waarhede te leer wat hulle in hulle lewe kan toepas. Ons leer ook vir hulle verse uit die Bybel uit wat deel word van hulle fondasie. Alles word op kreatiewe en deelnemende maniere aan die kinders geleer. Deur poppekas of narre wat kom kuier of die storie uit te beeld met die kinders as akteurs.

Dissipelskap

Elke kind is vir ons belangrik en word ook so behandel. Daar is vrywilligers wat by elke graad ‘n pad saam met die kinders stap. Hulle kry geleentheid om in die kinders se lewens in te bou en vir hulle Jesus se liefde te wys. Die waarheid word vir hulle geillustreer deur die vrywilligers se lewens en begelei hulle die kinders op ‘n pad van ontdekking om by God uit te kom en Sy kind te word.

Uitreike

Dis vir ons baie belangrik om nie net God se liefde en die waarheid vir onsself te hou nie, maar ook om dit met ander te kan deel. Daarom hou ons gereelde uitreike met die kinders, waar hulle uitgedaag word om hulle geloof UIT TE LEEF!!! Dis altyd ‘n hoogte-punt in elke kwartaal en kom daar soveel getuienisse terug van hoe mense daar buite en veral ook die kinders se lewens verander word deur sulke gebeurtenisse. Die kinders
word geleer om dit uit te deel wat hulle ontvang. Selfs al is dit net ‘n drukkie

Iets om na uit te sien

14 April- KIX begin weer na vakansie

Register and Login



Quick Poll

Wat is vir jou die lekkerste?
 

KIX Kwartaal hoogtepunte

Contact Details

AGS Deo Doxa / AFM Deo Doxa
Postal Address:  PO Box 1167, Jeffreys Bay, 6330
Street Address:  4 Dolly Varden Street, Jeffreys Bay, 6330
Telephone:  +2742 293 2832  
Fax:   +2742 293 2902